Hier is Simon saam met span (agter sewende van regs).
Simon Dilley, leerder van Hoërskool Oudtshoorn, is tydens die Arthur Johnson Hokkietoernooi sportweek in Mosselbaai gekies vir die Toernooispan. Die toer is na Nederland, Belgie en Duitsland. Die span sal privaat-afrigting ontvang deur verskillende afrigters van Nederland, België en Duitsland. Drie wedstryde sal gespeel word en ‘n “Belgium leaque match” sal bygewoon word. Die span sal ook verskillende aktiwiteite bywoon en besienswaardighede besoek.
Struisies wens jou alle sterkte toe, Simon!