Vakke, nuus en ander inligting:
Mev Joan Venter is aan die einde van 2016 permanent aangestel as skoolhoof. Sy sal dan haar eerste jaar as hoof van HNK geniet in 2017.
Opwindende byvoeging – Sportwetenskap word bekendgestel as ‘n ekstra vak. Dit sluit modules soos Menslike anatomie, Fisiologie, Sportsielkunde, Bewegingskunde en nog meer, in. Dit word aangebied deur mnr Leon van Blerk, sportwetenskaplike en kondisioneringshoof van die skool.
Vakke sluit in: Hoofstroomvakke EN Rekeningkunde, Ekonomie, Toerisme, Besigheidstudies, Geografie, Geskiedenis, Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie. Buite skoolure: Ingenieursgrafieka en ontwerp, Musiek, Sportwetenskap.
Eerste Rugbyspan gaan deelneem aan die jaarlikse Kearsney Skole paastoernooi, asook die Wildeklawer skole-toernooi. Alle ander spanne toer na die Wynberg Skole-paastoernooi.
Alle Netbalspanne toer na die jaarlikse Waterkloof netbalfees.
Hokkie en krieket gaan neem ook aan verskeie skole toernooie deel deur die loop van die jaar. Die jaarlikse HNK Krieketfees word ook weer in Kimberley aangebied met top skole van regoor SA wat kom kragte meet.
Allerlei kultuurbyeenkomste en –geleenthede vind weer plaas met ons kultuur-vrate wat met ywer na die jaar se kultuurkalender uitsien.
HNK Rugby vier in 2017 sy 25ste bestaansjaar. Daar sal ‘n groot feesvieringsnaweek plaasvind tydens die naweek van die jaarlikse FNB Classic Clashes teen Diamantveld, 12 – 14 Mei.
HNK spog ook met ‘n dinamiese, toegewyde, entoesiastiese en hardwerkende personeel wat deurentyd die ekstra myl loop om by te dra tot die sukses en tot voordeel van elke leerder.
Become a Sponsor