Foto bo vlnr: Chanté Januarie, Reagan Woodbridge en Gavin Swartz
Drie van Hoërskool Noord-Kaap se leerders, Chanté Januarie, Reagan Woodbridge en Gavin Swartz het uitstekend presteer tydens die 2019-ATKV Spelathon wat gedurende Oktober 2019 in Bloemfontein plaasgevind het.
Chanté Januarie is as die nasionale wenner in die Afrikaans Huistaal graad 10 – 12 aangewys. Vir hierdie prestasie ontvang sy erekleure.
Reagan Woodbridge verteenwoordig die Noord-Kaapprovinsie in die graad 10 – 12 Afrikaans Addisionele Taalafdeling by die nasionale rondte en word met volkleure beloon vir hierdie prestasie.
Gavin Swartz eindig 2e in Suid-Afrika in die Afrikaans Addisionele Taal graad 8 – 9 afdeling. Hy ontvang erekleure vir hierdie prestasie.