Die nasionalwe rondte van die ATKV-Spelathon het die afgelope naweek, 12 Oktober, by die Universiteit van die Vrystaat plaasgevind. Twee leerders van Hoërskool Noord-Kaap het uitstekend presteer. Gavin Swartz (graad 9) het in die Graad 8 – 9 Afrikaans Eerste Addisionele Taal-afdeling deelgeneem en tweede geëindig. Chanté Januarie (graad 10) het in die Graad 10 – 12 Afrikaans Huistaal-afdeling deelgeneem en as die nasionale wenner uit die spel-stryd getree!
Baie geluk aan Gavin en Chanté!