HNK Personeel saam met Alan Donald (oud Protea krieketspeler & Knights Afrigter) en sy Knights-span wat deelgeneem het.
Hoërskool Noord-Kaap in Kimberley, se Nashua Pirates Gholfdag het op Vrydag, 21 Februarie, plaasgevind by die Kimberley Gholfklub. 18 Spanne het deelgeneem.
Die dag was ‘n reuse sukses en HNK is baie opgewonde oor die toekoms van hierdie gholfdag.
Baie dankie en geluk aan Mnr. Deon Carney en sy span met ‘n puik dag. Ook aan alle deelnemers – baie dankie vir julle deelname en ondersteuning. Groot dank word ook uitgespreek aan al die borge van die dag. Julle ondersteuning word opreg waardeer.