Hoërskool Nelspruit in Mpumalanga het Woensdag 17 Januarie 2017 oudergewoonte die jaar met saalopening, en ‘n leerdertal van 1400, afgeskop waartydens sewe nuwe personeellede, sowel as die nuwe gr.8’s verwelkom is.
Nuwe onderwysers wat dié jaar by NHS aansluit is op die foto heel bo:
(voor) Judike Piso (Wiskunde en Geografie), Marlene Rautenbach (Fisiese Wetenskap), Charmaine Lemmer (Wiskundige Geletterdheid en Toerisme), (agter) Loise Helberg (Afrikaans), Bessie Breytenbach (Afrikaans), Arina Breytenbach (Ekonomiese Wetenskappe) en Hené Swanepoel (Lewensoriëntering).
Daar bestaan geen twyfel dat die aanstelling van bogenoemde personeellede ‘n waardevolle bydrae tot gehalte onderwys in Hoërskool Nelspruit sal lewer nie.