)

Hoërskool Nelspruit simposium skep ondersteuningsnetwerk vir kundiges

Hoe hanteer ‘n skool kwessies soos dwelmhandel, selfdood, vermiste kinders en kindermishandeling – alledaagse uitdagings waarmee skoolkinders in vandag se samelewing worstel.

Hoërskool Nelspruit se departement vir opvoedkundige leiding het Vrydag, 24 Augustus ‘n ondersteuningsdienssimposium aangebied met die doel om ‘n netwerk van plaaslike kenners te skep om bogenoemde uitdagings aan te spreek.

“Die ontwikkeling van kinders kan nie in isolasie van die omgewing plaasvind nie, en het ons dit nodig geag om mense uit verskillende velde bymekaar te kry en bewus te maak van sake wat in ons alledaagse lewe aan die gang is en ook mekaar bloot te stel aan professionele persone wat beskikbaar is om te help,” sê Hannalize Coetzee, een van die organiseerders en opvoedkundige sielkundige by NHS.

Saam met maatskaplike werker, Nicolette Pruis, vorm hulle ‘n gedugte opvoedkundegeleiding-span by die skool wat ondersteuning bied ten opsigte van studies, vakkeuses, trauma, familiekrisisse, behoeftige kinders, boelie, emosionele kwessies en leerders met uitdagende maatskaplike omstandighede.

Dit is dus vir hulle belangrik om ‘n netwerk van kundiges op ‘n verskeidenheid terreine saam te stel. Kundiges uit die gemeenskap wat die simposium bygewoon het sluit in predikante, pastore en jeugpastore, sielkundige dr. Jacob van Zyl wat ook as fasiliteerder van die simposium opgetree het, Jackie Fleetwood (klilniese sielkundige) van Hometree wat oor selfdoord onder tieners gepraat het, Anita le Roux en Sylvia Michala wat oor kinderhandel gepraat het, Marina Erasmus van SANCA en dr. Benita Nel van Childline. Rolspelers uit die omgewing wat die dag bygewoon het is verteenwoordigers van skole, beraders, sielkundiges, maatskaplike werkers, paramedici, advokate, Hi-Tech Nelspruit en onderwysers.

“Verskillende skole het dieselfde uitdagings en dit is nodig om te weet dat daar plaaslike mense beskikbaar is met baie kundigheid om kinders met spesifieke probleme te help. Dit is ook nodig om saam te staan en nie probleme in afsondering te hanteer nie,” verduidelik Coetzee.

Die simposium is die eerste van sy soort wat by NHS aangebied is en het bevestig dat al die skole dieselfde uitdagings in die gesig staar en een nie bo ‘n ander uitgesonder kan word in hierdie verband nie.

Dus beplan NHS om dit ‘n jaarlikse instelling te maak waar belangrike sake met betrekking tot skoolkinders bespreek en hanteer kan word. “Dit was ‘n ongelooflike netwerkoefening en die rolspelers teenwoordig was baie positief en het aangedui dat hulle ‘n behoefte het om te help.”

Die NHS-opvoedkundigeleidingdepartement bedank graag die skool vir die platform wat geskep is om die simposium te kon aanbied en waardeer die positiwiteit van elke spreker en gas.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal