Hoërskool Nelspruit Rooitapyt-Primiér. Die revuegroep het twee jaar lank gewerk aan Skouspel 2021. Op Saterdagaand is hierdie insette beloon met ‘n glansryke saamkykgeleentheid. Al die harde werk is hierdeur op ‘n hoogtepunt afgesluit.
Die vertoning is weens Covid-19 nie in die stadsteater aangebied nie. Dit is deur Signature Performing Arts and Theatre Technology opgeneem en regstreeks gestroom.
Vir die leerders is die rooi tapyt uitgerol. Hulle is in die skoolsaal ontvang om na die vertoning op die groot skerm kyk. Die première geleentheid is regstreeks op die Nellie TV-kanaal uitgesaai. Mnr. Dylan en me. Sumari Herbst was uitstekende aanbieders. Hulle het onderhoude gevoer met soliste, dansers en met me. Ezette Mans (produksiebestuurder).
Dit was ‘n onvergeetlike oomblik toe die regstreekse stroom begin het. Die leerders het saam gesing en gedans van die begin tot die einde van die vertoning.
Die laaste liedjie, We found love, sluit die 25ste produksie af op ‘n hoë noot. Dit is gesing deur Zimri Leuvennink. Die leerders en produksiespan het nie net ‘n puik vertoning op die planke, of te wel skerm gebring nie. Daar ook hegte vriendskappe gesmee.
Baie geluk aan die hele produksiespan vir ‘n fantastiese Skouspel 2021!
Lees meer oor Hoërskool Nelspruit:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/mpumalanga/mpumalanga-schools/