Aliwal-Noord by Vrystaatskiet finale by Vrystaatskiet finale. Op Saterdag 21 Augustus het die Vrystaat skietfinale plaasgevind by Hoërskool Fichardtpark. William Muir, Izelle van Vuuren en Gary Marx van Hoërskool Aliwal-Noord het deur gedring na die rondte en weereens baie goed gevaar.
William Muir neem 0/21 deel en behaal ‘n 10de plek met 765 punte.
Izelle van Vuuren en Gary Marx neem 0/14 deel. Izelle behaal ‘n 1ste plek met 847 punte en Gary ‘n 12de plek met 747 punte.
Baie geluk aan Izelle en Gary wat ook verkies is tot die Vrystaatspan wat op 24 en 25 September aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gaan deelneem.
Die Alies hou vir julle baie styf duim vas en weet dat julle Aliwal-Noord se naam gaan hoog hou.
Lees meer oor ANHS:
https://schoolsthatrock.co.za/category/eastern-cape/eastern-cape-schools/east-london/