Op Vrydag, 1 Maart, het Hoërskool Nelspruit Rhinos Rugby ‘n wynveiling aangebied om fondse in te samel vir die jaar se sporttoere. Mnr Sam Segopane van Fincon valuations was die bekwame afslaer wat dwarsdeur die aand die entoesiasme onder die gaste aangevuur het. Die musikant, Anton Botha, het die gaste bederf met pragtige musiek.
Daar is gebie op 29 lotte, waarvan die duurste lot, lot 29 was. Dié Zandvliet-wynvaatjie is vir R34 000 verkoop. Die afrigters en die gasvrouens het verseker dat alles glad verloop en het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt.
Die aand was goed georganiseer, met uitstekende wyne om op te veil. Die smulhappies was uit die boonste rakke en die geselskap uitgelese en gesellig. Die sukses van die wynveiling lê egter in die ondersteuning van ouers en besighede van die Laeveld-gemeenskap.
Rhinos Rugby bedank graag die volgende persone en instansies vir hul skenkings wat die wynveiling ‘n groot sukses gemaak het:
Al die gaste, afrigters, ouerverteenwoordigers en gasvrouens, die gaskunstenaar, Anton Botha, die afslaer, Sam Segopane, Righard Meyer vir die biltongmesse, Tallisman vir die kruiwa, Jon-Jon van Staden vir die Nguni-vel, Rooikat Liquor (Charl Breytenbach), Marnus Kruger: Primos Gin, Daniel Maartens, Conraad van Vuuren en Duane Vermeulen vir rugbytruie, Vleispaleis vir biltong, Illy vir koffie, Vanessa Roets vir skoonheidsprodukte, Eve Hair and Beauty, Sureslim, Finesse Express, Bodycure en Tranquile Beauty, Erna Janse van Rensburg vir die dekor en mnr Wouter de Vos vir die gebruik van die eetsaal.
Foto bo: Sam Segopane