Sias Joubert van Hoërskool Nelspruit het Sondag 6 Mei aan die 100 Cycle Challenge in Germiston deelgeneem. Dit is ‘n kategorie 2.1 UCI 100km-padfietswedren waartydens Elite-ryers in spanne deelneem met ‘n minimum van vier ryers.
Sias het vir Team Farmacon gery en algeheel 12de in die “Elite bunch sprint finish”geëindig. Hy het ook ‘n vyfde plek (uit 61) in sy o/23 kategorie behaal. Dit is veral ‘n prestasie omdat hy van Suid-Afrika se bekendste padfietsryers soos Brat Potgieter in die “sprint” gewen het