)

Hoërskool Nelspruit het 3 Silwer toekennings vir Tienertoneel verower

Hoërskool Nelspruit het drie silwer toekennings in die onlangse ATKV-Tienertoneelkompetisie met die toneelstuk TERRA verwerf!

Voorbereiding

Die voorbereiding in 2021 was vol slaggate en baie teleurstellings. Hulle mis die FAK toneelfees as gevolg van erge Covid-gevalle. Hulle moes hard oefen, al het hulle nie geweet of die planne die volgende dag gaan verander nie.  Soos dit ware Nellies betaam, het die nege akteurs en een verhooghulp met murg in hul pype bly vasbyt.

Die reis

Op 20 Augustus om 05:00 vertrek hulle per bus. Dit ten spyte van onluste en siekte en drama. Dit alles om tog die skool met trots te gaan verteenwoordig by die ATKV-Tienertoneelkompetisie. “Tien ure se ry het hierdie Nellies nie afgesit om hul allerbeste te gee nie,” sê me. Frances van Niekerk (regisseur).

Nicoléne van Wijk
Die optrede

Nellies het hulle uitmuntend van hulle taak gekwyt. Die beoordelaars was baie beïndruk met hulle spel, die futuristiese minimalistiese stel en al die tegnologie wat gebruik is. Leerders sou graag voor ’n groot gehoor wou optree, maar die Covid-19 het ’n stokkie daarvoor gesteek. “Die ervaring om in ‘n regte-egte teater met hulle eie aantrekkamer en meer as genoeg spieëls was heerlik. Nellies se akteurs het die interaktiewe mentorsessie terdeë geniet. Hulle was nie op hulle monde geval nie,” sê me. Van  Niekerk.

Die reaksie op die toekenning

Die reaksie op die drie silwer toekennings was baie positief. Hulle is veral trots op Amenda Bunting, Graad 12. Sy het vir haar individuele spel in TERRA silwer verwerf.

Ronel Basson
Toneelbeskrywing

Die toneelstuk se naam is TERRA. Dit speel af in ‘n eksperimentele laboratorium in die jaar 2039. Al die meisies en Madame Algebra is menslik, terwyl die boorlinge van TERRA uit androïede en humonïede bestaan. Al die mans is deur ‘n pes uitgewis. Die boorlinge verval in depressie. Ons meisies moet bontstaan om hulle weer gelukkig te maak.

Die Nadraai en Oplossing

Wat is die oplossing en wie vind dit? En wat is die nadraai?

Kom vind self uit gedurende NHS se Kultuurweek!

Lees meer oor NHS:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/mpumalanga/mpumalanga-schools/

https://nelliesh.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal