Hoërskool Nelspruit is as die beste Mpumalanga-skool in die Old Mutual Suid-Afrikaanse Wiskunde Olimpiade van 2020 aangewys. Sewentig Nellies het deelgeneem aan die eerste rondte van die kompetisie en 35 leerders het gevorder tot die tweede rondte.
Die kriteria wat in ag geneem is vir die benoeming, is hoeveel aantal deelnemers per skool aan die olimpiade deelneem, die gemiddeld verwerf in elke ronde en hoeveel deelnemers na die volgende ronde deurgedring het.
Slimkop, Stefanie Venter, het met ‘n tweede plek in Mpumalanga in die junior afdeling geëindig.
Foto verskaf