)

Hoërskool Monument leerder presteer by Podiumpret

” Podiumpret is die enigste Sprekervaardighede- en Leeskompetisie wat deur die Afrikaanse Onderwys Netwerk geborg word. Vanjaar het die AON weer die eFinaal geborg.
Podiumpret is nie net n kompetisie nie, maar bied ook gedurende die 1e ronde opleiding aan sprekers en lesers. Die finaal word beoordeel deur onderwysers en besigheidslui wat vooraf belyn word. Die hoofgedagte met hierdie keuse van beoordelaars is om te evalueer of die spreker of leser met die gehoor kontak maak.
Vanjaar was die gehoor “anderkant die kameralens” – vandaar die eVaardigheidsgradering: Kon die spreker/leser daarin slaag om sy gehoor te bereik (Goud); het hy/sy ‘n klein bietjie afronding nodig (Amper Goud); het hy/sy nie daarin geslaag om met die gesiglose gehoor kontak te maak nie (Silwer).
Elke Podiumpretter het lapelknopies ontvang vir elke item waaraan hulle deelgeneem het, die wat aan die eFinaal deelgeneem het, het elkeen ‘n lapelwapentjie daarvoor ontvang. Alle lapelknopies is geborg deur Seeff-Wynlande. ELKE deelnemer aan vanjaar se kompetisie het n boek, geskenk deur NB uitgewers, ontvang.
Graadwenners van die Podiumpretkompetisies se name word op plaatjies by onderskeidelik die Keur- en die Olienhoutbome in die tuin van die Taalmonument in die Paarl sedert 2017 aangebring.
Gedurende die afgelope Podiumpret eFinaal het Eben Cilliers, ‘n leerder van Hs Monument, as volg presteer:
Eben Cillliers (Gr 9)
Posisie in graad: 7
eVaardigheid: Amper Goud
Kategorie: Afr Erv Redenaars
Posisie in kategorie: 4
Baie geluk aan hierdie ervare spreker met die prestasie. Ons land het veel meer sprekers van hierdie formaat nodig”.
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal