Hoërskool Linden. Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Megan Botha, Hoofdogter van Hoërskool Linden in Randburg vir 2022.
Megan, hoe sien jy jou rol as hoofleier van Hoërskool Linden
My rol as hoofleier is om die skakel tussen die onderwysers en die kinders wees.Dit is ook om seker te maak dat orde, dissipline en die geestelike welsyn gehandhaaf word en te help waar ek kan en waar ek nodig is. Verder is my rol om ander se idees in ag te neem en te kyk hoe ons deur die perspektief van ander die skool vir die leerders en personeel te kan verbeter.
Hoe het die afgelope vier jaar by Linden jou vir die rol as leier voorberei?
Hoërskool Linden is ‘n skool vol diverse mense met verskillende sienings. Deur aktief betrokke te wees by al die verskeie funksies en geleenthede wat Linden aanbied. Dit leer mens hoe om te luister na ander en die selfvertroue te hê om te aanvaar wanneer iemand ‘n beter idee as jy het en saam op idees te bou.
Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?
Ek sien nie op na een spesifieke persoon vir inspirasie of mentorskap nie. Ek soek eerder na goeie eienskappe in verskillende mense en streef na/gebruik daardie eienskappe om tekortkominge te verbeter.
Watter studieriging beoog jy na skool?
Ek dink daaraan om in ‘n B.Sc. rigting te gaan.
Wat staan vir jou die meeste uit by jou skool?
Hoërskool Linden het ‘n unieke gees wat aansteeklik is. Linden se gees word baie as ‘n hoogtepunt gebruik maar dit is merkwaardig om te sien hoe Linden se gees mense van verskillende vriendegroepe almal saambring.
Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?
Nee, alhoewel ek lief is vir sport en glo dat sport baie voordele vir jou inhou sal die verpligting van sport die passie en liefde daarvoor verwyder.
Wat het jy die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?
Ek het dit die meeste geniet om na kultuur-byeenkomste te gaan waar jy vermaak word deur Linden se talentvolle leerders.
Wat is jou doelwitte vir jou dienstermyn?
My doelwitte vir Hoërskool Linden is om die verskeie vlakke van diversiteit in Linden te seëvier en te ondersteun om sodoende ‘n eenheid te skep waar ons op mekaar se sterk punte kan staat maak en mekaar soos legkaarte aanvul in ons tekortkome.
Wat motiveer jou om jou ideale te bereik?
Ek word gemotiveer deur die geluk wat ek vind om die Here te volg en deur die wete dat ek dalk die lewe vir ander om my kan verbeter.
Hoekom sou jy leerders aanraai om ook deel van die Lindeniete te word?
Linden is ‘n skool waar jy jouself aan soveel verskillende geleenthede en vriendenkringe kan blootstel en sodoende jou menswees kan laat groei. Dit is ‘n skool waar, wanneer jy aan iets wil deelneem, daar altyd ‘n plek vir jou ook sal wees.
Wat is jou toekoms-ideale?
My toekoms ideale is om ‘n werk te vind waaroor ek passievol is. Ek wil streef daarna om die bewustheid van die belangrikheid van die natuur te bevorder. Verder sal ek ook graag wil betrokke raak by projekte wat help om omgewings-omstandighede op verkeie vlakke te verbeter. Ek wil nie stokperdjies ontdek en my lewe voluit geniet.
Foto verskaf
Lees meer oor skole in Suid-Afrika: