)

Hoërskool Ligbron, Ermelo, se sportspanne presteer teen Wilgers

Die rugby-, netbal- en hokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 10 Maart 2018, op Ligbron se velde teen die spanne van Hoërskool Wilgers te staan gekom in die tweede rondte van vanjaar se Superreeks.

Ligbron se spanne het meeste van die wedstryde oorheers met puik spel en goeie afronding.  Die rugbyspanne het al hulle wedstryde oortuigend gewen en hul uitslae vir die dag is soos volg: o/14A wen 59-7 met Willem Prinsloo as spelers van die wedstryd, o/15A wen 43-14 met Lethu Ngobese as spelers van die wedstryd, o/16A wen 42-7 met JP Louw as spelers van die wedstryd, 2de span wen 55-5 met Collin Scheepers as spelers van die wedstryd en die Ligbron Calstar Group Eerstespan wen met 39-25 met Francois Greyvensteyn as spelers van die wedstryd.

Die volgende eerstespanspelers het drieë gedruk: Hanru Botha (1), Alec Duncan (2), Xavier Fourie (1), Nathan Viennings (2) en Sifiso Manana (1). Mark Niebuhr het ook 2 drieë verdoel.  Die Liggies netbalspanne het vir puik netbal gesorg en die skare behoorlik op hul agtervoete gehou met hul goeie spel.  Die netbalspanne se uitslae is as volg: o/14A verloor 8-10, o/14B wen 14-7, o/15A verloor 15-20, o/15B wen 13-12, o/16A wen 31-7. 2de span wen 20-11 en die eerstespan het na ‘n uitstekende wipplank wedstryd gelykop gespeel met 19 doele elk.

Die volgende spelers is aagewys as die spelers van die wedstryd: o/14A- Cuara Deysel, o/14B- Danelle Venter, o/15A- Amoné Fraiser, o/15B- Mpo Mathabatha, o/16A- Ilené van der Walt, 2de span- Sinenkosi Dludlu, 1ste span- Stembile Maseko.  Vir die onderskeie hokkiespanne was dit beslis ook ‘n baie geseënde dag met al die spanne wat gewen het, behalwe die o/14A seunspan wat met 1-4 verloor het.  Micael Jardim was die spelers van die wedstryd.

Die res van die spanne se uitslae is soos volg: o/14A wen 8-0 met Noma Maseko as spelers van die wedstryd, o/15A wen 1-0 met Mary Gurumani as spelers van die wedstryd, o/16A wen 15-0 met Megan Herbst as spelers van die wedstryd, 2de span wen 2-0 met Renate Krause as spelers van die wedstryd, 1ste span dogters wen 8-0 met Marisca Stander as spelers van die wedstryd en die 1ste span seuns wen 1-0 met Jonathan du Toit as spelers van die wedstryd.  Ligbron sal eerskomende Saterdag, 17 Maart, na Rustenburg reis, waar hulle teen Hoërskool Bergsig in die derde Superreeks wedstryde sal meeding.

Hoop Liggies hou Saterdag weer die skool se naam hoog met mooi uitslae!!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal