Nadia Enslin, toppresteerder van Hoërskool Langenhoven van Riversdal in graad 12, staan trots by al haar toekennings.
Sy ontvang sertifikate vir Afrikaans Huistaal (90.4%) en Rekeningkunde (93,60%). Medaljes vir die beste prestasie in Engels Eerste Addisionele Taal (92,1%), Wiskunde (99%), Lewensoriëntering (100%), Fisiese Wetenskappe (98,7%), Ingenieurs Grafika en Ontwerp (95%) en Lewenswetenskappe (97,2%). Sy beklee die eerste klasposisie met ‘n gemiddelde akademiese prestasie van 96% (volkleure).
Nadia ontvang die Ferreira-Beker vir die beste prestasie in Graad 12, die Somervillebeker vir die beste prestasie in Engels Graad 12. Sy ontvang die Handelshuisbeker vir die beste prestasie in Wiskunde Graad 12 en die Krȕgerbeker vir die beste prestasie in Fisiese Wetenskappe Graad 12.
Nadie ontvang ook die Blombeker vir die beste prestasie in Lewenswetenskappe Graad 12 en die Peplerbeker vir die beste prestasie in Fisiese Wetenskappe en Wiskunde Graad 12.
Baie geluk met hierdie puik prestasie Nadia, die skool is baie trots op jou!