Cara Serfontein, ‘n graad 8-leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, het vanaf 19 Februarie, opnames vir die Kyknet TV-program, Op Die Spel, gedoen.
Hierdie opnames het by Stark Studios, Randburg, plaasgevind. Cara het haar uitstekend van haar taak gekwyt en hierdie talentvolle Das is gisteraand as wenner gekroon.
Baie geluk Cara!
Hoërskool Langenhoven en Riversdal is BAIE TROTS op jou!!!