Anja Joubert, ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal en Korine Joubert, ‘n graad 8-leerder, het tydens die Upington Skou op 16 en 17 Oktober uitstekend in perdry presteer.
Anja is as die wenner van die Driegang Ruiterkunsproewe aangewys. Sy is ook as die kampioen in die Driegangruiter, 18-jaar en jonger, aangewys.
Korine het ‘n tweede plek in die afdeling Driegang Plesierperd verower. Sy het boonop ‘n derde plek in die afdeling Groot Kampioen Driegang Plesierperd verwerf.
Die skool is baie trots op hierdie twee Dasse!
Foto’s verskaf