Jonathan Abrahams, algemene werker van Hoërskool Langenhoven, Riversdal, en Esteban D’Emiljo, ‘n graad 9-leerder, het op Saterdag, 8 Mei, aan die finaal van die Riversdal Muurbalkampioenskappe deelgeneem en uitsonderlik presteer.
Jonathan wen die kampioenskappe, en word as die senior kampioen aangewys! Esteban eindig tweede in die junior finaal.
Die kampioenskappe het vanaf 5 April – 8 Mei plaasgevind.