Agter vlnr: Angelo Bergh, Hanru Brits en Miquel D’Emiljo.
Voor vlnr: Bianca Lombaard en Anouska Fouché.
Op Maandag, 24 Augustus 2020, het vyf van Hoërskool Langenhoven van Riversdal se matrieks ‘n onderhoud saam met Paul Roux de Ville, van PRDV Productions, d.m.v. Zoom, bygewoon.
Die onderhoud het gehandel oor wat die impak van COVID-19 op die huidige matrieks en hulle matriekjaar het en hoe hulle die toekoms sien. Daar is ook gesels oor hoe die grendeltyd hulle gemoed beïnvloed het, en of dit enigsins hulle toekomsplanne in die wiele gery het. Die leerders se opinie oor die matriekafskeid wat moontlik nie meer gaan gebeur nie, was ook bespreek. Uittreksels van dié onderhoud word ook na die Chicago gebaseerde Ramon Hulett (eienaar van die produksiemaatskappy), gestuur.
Die skool wil graag vir Paul vir die geleentheid bedank.