)

HOËRSKOOL LANGENHOVEN HOU SPORTDINEE

Hier verskyn die vier eerstespan kapteine, saam met mnr. Piet de Villiers, (skoolhoof).

Vlnr: Adunaike Herling, Peter-Jame Wait, Rochelle Van Niekerk en Sean Stroebel.

Hoërskool Langenhoven, Riversdal, het op Donderdag, 3 Oktober, hul jaarlikse sportdinee in die skoolsaal gehou.
Dit was ‘n prag-aand waar daar aan die skool se sportmanne en –vroue erkenning gegee is. ‘n Heerlike driegang-maaltyd is bedien en die saal is pragtig versier.

Daar is verskeie toekennings oorhandig aan kapteine van die eerstespanne – netbal: Adunaike Herling; hokkie: Rochelle van Niekerk; seunshokkie: Peter-Jame Wait en rugby: Sean Stroebel. Die interskole-trofee is ook aan die kapteine oorhandig, wat vir die agste jaar in ‘n ry in Dasseland bly.

Lyle-Clint Fielies, het die Abrie Diener Trofee ontvang vir twaalf drieë gedruk, waarvan vier tuis is.

Spesiale toekennings is aan die volgende leerders gemaak: Iné Lourens (opgeneem in O/18 SA-netbalgroep), Carla Conradie (in Proteaspan opgeneem vir Ruiterkuns) en Tinka Fox en Marlé van Wyk (opgeneem in SA Paralimiese Atletiekspan).

In rugby, netbal, dogters-hokkie en seuns-hokkie, was die eerstespanne, die wenners vir die span met die beste gees. Die spanne met die beste wengemiddeldes was die O/14B-netbalspan, die O/16B-hokkiespan, die O/18A-seuns-hokkiespan en die tweede rugbyspan. Die eerste netbalspan is as die beste eerstespan vir 2019 aangewys.

Volgens Mnr. Piet de Villiers (skoolhoof), was dit ‘n uiters suksesvolle sportjaar met baie mooi prestasies.

 

 

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal