Die volgende drie opvoeders het hulle die jaar by die skool aangesluit:

Hulle is van links Juffrou Alicia Kuhn, wie verantwoordelik is vir Natuurwetenskappe (Gr 9) en Fisiese Wetenskappe (Gr 10 tot 12). Juffrou Kuhn is oorspronklik van Upington, en het aan die NWU gegradueer. Sy is ook `n oud-leerder van H/S Keimoes en H/S Upington.

In die middel is Mnr WP Majiedt, wie verantwoordelik is vir Lewensorientering, Lewenswetenskappe en Afrikaans Huistaal. Mnr Majiedt is `n gebore Keimoesiet en `n oud-onderwyser van H/S Oranjezicht. Hy was lank by die Departement van Sport en Kultuur in Kimberley betrokke. Hy sal veral baie betrokke wees by sportafrigting by die skool.

Regs staan Juffrou Minca Smith. Juffrou Smith is verantwoordelik vir Wiskunde (Gr 6 tot 8) en Natuurwetenskappe en Tegnologie vir dieselfde klasse. Sy is oorspronklik van Clanwilliam in die Wes-Kaap en het haar B.ED- graad aan die CPUT in Wellington verwerf. Sy was voorheen verbonde aan die Laerskool Van Riebeeckstrand, in Melkbosstrand.

H/S Keimoes is trots op hierdie onnies en wens hulle alle sterkte en voorspoed toe in hul onderwysloopbane

Become a Sponsor