Die matriekklas van Hoërskool Keimoes van 2016 het baie goeie uitslae behaal. Die skool het met meer as 12% verbeter teenoor 2015 se uitslae. Alhoewel hulle nie die 90% waarop hulle gehoop het, bereik het nie, was daar tog goeie uitslae. Die skool het `n 84,48% behaal, en spog met 45% vrystellings en 55% diplomas en hoër sertifikate.

Twee van die leerders, Aldine Adams en Sune Robertson spog boonop met `n gemiddelde van bo 80%, en elkeen het 6 onderskeidings behaal in: Afrikaans Huistaal, English FAL, Lewensorientering, Lewenswetenskappe, Geskiedenis en Fisiese Wetenskappe (Aldine) en Besigheidstudies (Sune).
Aldine Adams het dan ook die beste gevaar in Geskiedenis in die provinsie, en daarvoor het sy `n trofee en vele ander pryse ontvang. Sy gaan medies aan die US studeer. Sune Robertson gaan BA Internasionale studies aan dieselfde universiteit studeer. Beide hierdie twee leerders het deur die jaar bo 80% presteer. Die skool en gemeenskap is baie trots op die klas van 2016, en wens hulle alle sterkte en voorspoed toe.
Die skool het ook `n 100% slaagsyfer behaal in English FAL, LO, Geskiedenis en Verbruikerstudies, en bo 90% behaal in Afrikaans Huistaal, Lewenswetenskappe en Wiskundige Geletterdheid. Die skool is dankbaar vir die opvoeders se harde werk, opofferings en lojaliteit teenoor die leerders en die skool in die breë.
Become a Sponsor