H/S Keimoes en sy gemeenskap is baie trots op Mnr Nathan Du Plessis, wie `n 3de plek behaal het vir Geskiedenis in die 2016 Nasionale Senior Sertifikaat eksamen. Mnr Du Plessis het `n 100% slaagsyfer behaal, asook vier leerders wie bo 80% presteer het en vyf bo 70%. Hy skryf dit toe aan baie harde werk, goeie dissipline en `n passie vir sy vak. Hy sê die feit dat hy ook `n kranige Comrades-marathon deelnemer is, dra grotendeels daartoe by dat hy sy leerders kan motiveer om aan te hou om goed te presteer.
Op die foto verskyn Mnr Nathan Du Plessis (in die middel) saam met van die amptenare van die Departement van Onderwys, Mnr Pharasi (links) die hoof van onderwys in die provinsie, en Dr MI Ishmail (regs van Mnr Du Plessis), Adjunk Direkteur- Generaal van NK Onderwys.
Become a Sponsor