So ‘n bek moet jêm kry!
Mienke (graad 8) en Phillip Herbst (graad 10) dring beide deur na die landswye finaal van Interskole ATKV Redenaars 2020!
Dit vind via Zoom op 5 September plaas. Aangesien die organiseerders ‘n regstreekse finale ronde wil aanbied, het hulle na deeglike oorweging besluit om die Nasionale Ronde vir alle afdelings, via Zoom Sessies aan te bied.
Die TOP 3 deelnemers per graad sal in elke kategorie aangewys word, sowel as die top 3 skole per kategorie.
Voorspoed julle twee, ons weet julle kan!