Die matrieks van 2021 het as “valse note” in 2017 by Hoërskool Jan van Riebeeck aangekom. Die matriekraad gaan saam met hulle matriekmaats die skool in HARMONIE saamsnoer om ‘n hegte eenheid teen die uitdagings van ons tyd te vorm. Elke leerder is ‘n belangrike skakel waarsonder die skool nie kan saamstaan of saamtrek nie.
“Ons skool se waardes – respek, integriteit, trots, verantwoordelikheid, betroubaarheid, regverdigheid, volharding en medemenslikheid – sal ons begelei deur 2021.”