‘n Jaar propvol leer, groei, aanpas en hard werk kom tot ‘n einde met die suksesvolle voltooiing van elke graad en mooi pryse vir almal.
Elke Hoopie stap met trots oor die verhoog met die mooiste glimlaggies van opgewondenheid om hul diplomas te ontvang. Elke juffrou dink ook natuurlik haar klas was die oulikste en daarom staan sy terug met ‘n glimlag en stuur hul na die volgende graad.
Baie geluk liefste Hoopies met julle besonderse mooi prestasies. Julle is Hoërskool Hoopstad se sterre!