Brandon Potgieter van Hoërskool Hans Moore in Benoni, verskyn vir die tweede keer in twee jaar op Unisa se ererol vir puik prestasie tydens die Unisa musiekeksamens!
Dié keer behaal hy ‘n skitterende 95% vir sy musiekteorie-eksamen wat hy vanjaar in Februarie afgelê het!
Dit is ‘n besonderse prestasie om een keer die Unisa ererol vir toppresteerders te haal, en uiters ongewoon om dit ‘n tweede keer te haal!
Baie geluk aan Brandon en sy musiekonderwyseres, dr. Marita Badenhorst, met hierdie besonderse prestasie!