Hoërskool Framesby. Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Corné Scheepers, Hoofseun vir 2022 van Hoërskool Framesby in Gqeberha.
Corné, hoe sien jy jou rol as hoofleier van Hoërskool Framesby?
My rol as hoofleier is om ‘n voorbeeld vir ander te wees. Ek wil ook die Here dien en sy Naam te verkondig en groot maak onder leerders. Verder om die nodige verantwoordelikheid te neem, respek aan almal te toon, leiding te neem en almal deel te laat voel van ons Framesby gesin.
Dink jy dat die maatreëls wat die regering tov Covid-19 vir skole ingestel het voldoende is?
Ja, solank alle leerders voldoen aan die vereistes soos bv. die dra van maskers, die sanitasie en die nodige afstand tussen leerders handhaaf.
Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?
Pieter Steph du Toit, hy is nie net n goeie rugby speler nie, maar n goeie leier. Hy kan leiding vat en bly altyd nederig. Staan altyd op vir wat reg is en hanteer mense soos wat hy hanteer wil word.
Watter studierigting beoog jy na skool?
Ek wil of ‘n rugbyspeler word, of as dit nie kan waar word nie, wil ek of ‘n radioloog word of iets in die landbou-rigting Ek is nog nie seker watter rigting in die landbou-bedryf my prikkel nie. Huidiglik koop en verkoop ek reeds beeste, wat ek geniet. Miskien dit as ‘n tweede inkomste beoefen.
Dink jy dat Suid-Afrikaanse skole voldoende geleenthede bied vir die studierigting wat jy gaan volg? Waarom?
Ja, die verskeidenheid van skole bied aan elke leerder ‘n geleentheid om hom/haar uit te leef in wat hy/sy in die toekoms wil bereik.
Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?
Sport is baie gesond vir elke leerder en help met ontwikkeling van elke individue. Tog verskil dit van persoon tot persoon. Ander leerders verkies om meer te fokus op ‘n akademiese vlak en minder of glad-nie op sport-aktiwiteite.
Wat het jy sover die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?
Om nuwe vriende te maak en saam jou vriende rugby te speel as ‘n familie en om daardie bloktrui oor my kop te trek. Saam herinneringe te maak. Hard te werk en om my mikpunte te bereik. Verhouding met ons onderwysers. Al die toere. Ons almal wat saamstaan teen Covid-19.
Is jy honderd persent seker van jou studierigting na skool? Verduidelik jou antwoord.
Ja, die rigting waarin ek belangstel is dinge wat my interesseer en ek kan myself daarin uitleef. Ek kan nie vasgevang wees agter ‘n lessenaar nie. Verder hou ek daarvan om met mense te werk en glo ek hierdie rigtings sal my die nodige blootstelling gee daaraan. Verder is dit iets wat ek al van kleins af voor werk en nogsteeds aanhou werk om dit te kan bereik. Dit is iets wat ek graag wil doen en sal alles tot die beste van my vermoë doen om dit te bereik.
Na watter Universiteit gaan jy na volgende jaar?
As ek Radiologie gaan studeer sal dit by NMNU wees en indien ek ‘n beroep in landbou wil doen sal dit by Saasveld Campus in George wees.
Foto verskaf
Lees meer skolenuus: