)

Hoërskool Framesby – Schools That Rock gesels met Anke Scheffer

Hoërskool Framesby. Dit is vir Schools That Rock  ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Anke Scheffer, Hoofdogter van Hoërskool Framesby in Gqeberha vir 2022.

Anke, hoe sien jy jou rol as hoofleier van Hoërskool Framesby?

Ek sien ‘n hoofleier as ‘n persoon wie altyd ‘n voorbeeld vir hulle mede-skoliere sal stel en die beeld van die skool sal bevorder.  ‘n Positiewe persoon wie ander regverdig en met respek sal behandel.  My rol is ook om ‘n goeie luisteraar te wees. Ek moet ook ander leerders se menings en insette in ag neem en dan ‘n skakel te wees tussen die leerders en onderwysers. 

Dink jy dat die maatreëls wat die regering tov Covid-19 vir skole ingestel het voldoende is?

Ja, indien leerders die Covid-19 maatreëls volg, saniteer en hulle afstand behou, sal hulle veilig wees.  Ek voel net dat alle leerders van skole voltyds moet terugkeer om leerders die geleentheid te gee om elke dag onderrig te ontvang. 

Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?

My ouers is vir my ‘n inspirasie en hulle voorbeeld, liefde en ondersteuning deur die jare het ‘n groot rol in my opvoeding en die persoon wie ek vandag is gespeel.

Watter studierigting beoog jy na skool?

Ek wil baie graag grondslagfase onderwys gaan studeer.  Ek het ‘n groot liefde vir kinders en sal graag ‘n verskil in ander se lewens en hulle toekoms wil maak.

Dink jy dat Suid-Afrikaanse skole voldoende geleenthede bied vir die studierigting wat jy gaan volg? Waarom?

Ja, by Hoërskool Framesby is daar ‘n gesonde balans in die beoefening van akademie, kultuur en sport met die klem op die akademie. ‘n Skool met toegewyde personeel wat belangstel in individue en hulle begelei om hulle talente te ontdek en vir wie karaktervorming ook belangrik is. Dit is ‘n skool wat nie net fokus op feitekennis nie, maar ook mensekennis.

Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?

Ja, deelname aan sport ontwikkel leerders se fiksheid, konsentrasievermoë en deursettingsvermoë.  Dit help ook leerders om te ontspan en van hulle probleme te vergeet.  Deur sosiaal met ander maats te verkeer leer leerders lewenslesse en word vriendskappe gebou. Dit is belangrik dat leerders besef dat elke persoon uniek is. Elkeen het verskillende tallente en dat hulle die sport waaraan hulle deelneem, moet geniet.

Wat het jy sover die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?

Die daaglikse sport, gees by sportbyeenkomste, toere en sommer net die samesyn.

Is jy honderd persent seker van jou studierigting na skool? Verduidelik jou antwoord.

Ja, ek het ‘n passie vir kinders en die onderwys.  Ek het goeie menseverhoudings en glo dat ek dit baie gaan geniet. 

Na watter Universiteit gaan jy na volgende jaar?

Ek wil graag my studies by die Nelson Mandela Universiteit voltooi.

Foto verskaf

Meer skolenuus:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.framesby.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal