Brandon Wilkie, gr 12 leerder van Hoërskool Framesby, Port Elizabeth, gaan SA in ‘n internationale 7’s rugby-toernooi verteenwoordig in Portugal op 15 en 16 Februarie. Die span gaan meeding aan die Lissabon Junior Internasionale 7’s toernooi waar hulle onder andere te staan gaan kom teen Engeland, Portugal, Spanje en Dubai.
Brandon het ook in Desember 2019 na Frankryk gereis waar hy in ‘n SA Barbarian span sy staal gaan wys het. Hy was ook die Kaptein van die span wat twee wedstryde gewen en een gelykop gespeel het. Brandon was na afloop van die toernooi aangewys as die Pro Speler van die toer!