Hoërskool Florida se o/14A rugbyspan het die skool se naam hoog gehou die afgelope naweek in die Virseker beker skild finaal teen Hoërskool Middelburg.
Die wedstryd het plaasgevind op die LC de Villiers stadium in Pretoria. Ongelukkig kom hulle nie die wedstryd deurhak nie maar het tot die einde hard gespeel. Florries is trots op julle, seuns.
VLNR agter – Riaan van Rhyn, Keegen du Plooy, Sheldon Boshoff, Abraham Claasen, McVerne Everts, Luziano Gegesie, Naten Jantjies, Christopher Beitendag, Carlito Matladi, Ricardo Lamb, Zane van der Westhuizen en Tristan Grobler
VLNR voor – Calvin Paulsen (kaptein), Marshall de Vos, Duan Labushagne, Jaco Coetzee, CJ Feast, Justen Jansen van Vuuren, Dillon Protoruis, Ruan Haman en Waldo Sequira
Afrigters Rickus Swanepoel en Landru Elhers
Become a Sponsor









