Nicole le Roux van Florries is gekies vir die nastionale span vir kickboxing nadat sy by Oudtshoorn deelgeneem het aan die SA kickboxing kampioenskappe. Nicole was vanaf 31 Mei tot 02 Junie as ambassadeer betrokke by die voorbereiding van die nasionale kinderbeskermingsweek.
Die 8ste Junie het sy nog ‘n program van die Nasionale kinderbeskermingsweek bygewoon en sy was een van die seremoniemeesters van die program.
Sy was ook die vakansie vanaf 3-5 Julie in Pretoria saam met die ander ambassadeurs waar hulle sake rakende kinders bespreek het.