Foto links: “Kom ons help hom dak-toe” Foto regs: “Hoog en droog”
…En toe sit hy heeldag hoog en droog op die dak! Hoërskool Fichardtpark se skoolhoof, mnr Herman van der Merwe, het uitgevind wat die spreekwoord ‘beloftes maak skuld’ beteken.
Hy het die Fichies uitgedaag om R200,000 in te samel ten bate van die skool se Astro-projek.
Indien die leerders die R200,000-uitdaging behaal, sal hy heeldag op die dak sit. Eie aan Hoërskool Fichardtpark, het hulle nie op hulle laat wag nie. Op Vrydag, 13 Augustus, het Mnr van der Merwe sy belofte gestand gedoen en daar sit hy toe heeldag op dak! Die doelwit van R200 000 is bereik!
#astronomies #voorkeurskool #fichietrots #skoolhoofopdak
Meer oor Fichies:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/
Foto’s verskaf