Foto: Fichies se Wiskundepresteerders
Vier leerders van Hoƫrskool Fichardtpark in Bloemfontein skitter in wiskunde. Hulle is onder die Top-20 finaliste in die Vrystaat van Netwerk24 se Wiskundekompetisie.
Fichies is baie trots op hul 4 leerders, Neil Arlow (gr11), Ignus Kruger (gr 12), Alida Grobbelaar (gr12) en Walter Lindeman (gr12). Hierdie vier leerders van Hoƫrskool Fichardtpark maak deel uit van die 60 hoƫrskoolleerders. Leerders van Gauteng, die Vrystaat en Wes-Kaap gaan dit op 4 September in die finaal uitspook.
Netwerk24 het hierdie grootste nasionale aanlyn wiskundekompetisie in Afrikaans van stapel gestuur vir hoĆ«rskoolleerders. Leerders wat tans in Graad 10, 11 en 12 is mag aan die kompetisie deelneem. Die kompetisie bestaan uit ‘n uitdunrondte en ‘n finale rondte. Die eerste rondte van die kompetisie het plaasgevind op 4 Junie. Daarna is die Top 60 in Suid-Afrika aangekondig.
Wenners van die Wiskundekompetisie kan met soveel as R20 000 vir die leerder en R20 000 vir die skool wegstap.
Meer oor Hoƫrskool Fichardtpark:
By Hoƫrskool Fichardtpark is akademie ons kernbelang en beskik ons oor top gehalte leerkragte.
Moderators en eksaminators:
Eksaminator Lewenswetenskappe (Vrystaat): Cicilia van Heerden
Verbruikerstudies Eksaminator (Vrystaat): Urma Myburgh
Eksaminator Toerisme (Vrystaat): Marie-Louise Swanepoel
Interne Moderator Fisiese-Wetenskappe (Vrystaat): Louw Prinsloo
Interne Moderator Rekenaartoepassingstegnologie (Nasionaal): Madeline Venter
Eksaminator Wiskunde Gr. 9 (Vrystaat): Nadia Joubert
Ons dryf die visie van n akademiese kultuur. Leerders wat akademies presteer, word op verskillende wyse beloon.
Met die gebruik van die sterkaartstelsel om daagliks op akademiese vlak te presteer.
Die top akademiese leerders word ook beloon met n jaarlikse akademiese toer.
Einstein-Klub: Vanaf 2020 is daar ān Wiskunde/Fisiese wetenskap – klub by HoĆ«rskool Fichardtpark.
Leerders van gr 8 tot gr 11 sal volgens November eksamen se Wiskunde/Fisiese wetenskappunte verkies word.
Die top 10 ā Wiskunde- en Fisiese wetenskapleerders per graad sal deel van die Einstein-klub uitmaak. Elke leerder sal ook ān balkie ontvang.
Koste daaraan verbonde: Geen
Wat doen die leerders? Leerders neem aan die SAMO en AMESA deel, asook:
Kwartaal 1 (Wiskunde):
- Wiskundekompetisie. Leerders word in 2 spanne verdeel en neem teen mekaar deel
- Verrykingsessie
Kwartaal 2 (Wiskunde):
- āBring ān maatā -sessie . Werk vraestelle voor Junie – eksamen uit
- Uitstappie in Bloemfontein
Kwartaal 3 (Fisiese-wetenskap):
- Eksperimentsessie
- Fisiese-wetenskap verrykingsessie
Kwartaal 4:
- Kuieraand
- (Gr 12 is nie betrokke nie)
- (Nooi top 10 gr 8ās)
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/