)

Fichardtpark onder Top-20 in Wiskundekompetisie

Foto: Fichies se Wiskundepresteerders

Vier leerders van Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein skitter in wiskunde. Hulle is onder die Top-20 finaliste in die Vrystaat van Netwerk24 se Wiskundekompetisie.

Fichies is baie trots op hul 4 leerders, Neil Arlow (gr11), Ignus Kruger (gr 12), Alida Grobbelaar (gr12) en Walter Lindeman (gr12). Hierdie vier leerders van Hoërskool Fichardtpark maak deel uit van die 60 hoërskoolleerders. Leerders van Gauteng, die Vrystaat en Wes-Kaap gaan dit op 4 September in die finaal uitspook.

Netwerk24 het hierdie grootste nasionale aanlyn wiskundekompetisie in Afrikaans van stapel gestuur vir hoërskoolleerders. Leerders wat tans in Graad 10, 11 en 12 is mag aan die kompetisie deelneem. Die kompetisie bestaan uit ‘n uitdunrondte en ‘n finale rondte. Die eerste rondte van die kompetisie het plaasgevind op 4 Junie. Daarna is die Top 60 in Suid-Afrika aangekondig.

Wenners van die Wiskundekompetisie kan met soveel as R20 000 vir die leerder en R20 000 vir die skool wegstap.

Meer oor Hoërskool Fichardtpark:

By Hoërskool Fichardtpark is akademie ons kernbelang en beskik ons oor top gehalte leerkragte.

Moderators en eksaminators:

Eksaminator Lewenswetenskappe (Vrystaat): Cicilia van Heerden

Verbruikerstudies Eksaminator (Vrystaat): Urma Myburgh

Eksaminator Toerisme (Vrystaat): Marie-Louise Swanepoel

Interne Moderator Fisiese-Wetenskappe (Vrystaat): Louw Prinsloo

Interne Moderator Rekenaartoepassingstegnologie (Nasionaal): Madeline Venter

Eksaminator Wiskunde Gr. 9 (Vrystaat): Nadia Joubert

Ons dryf die visie van n akademiese kultuur. Leerders wat akademies presteer, word op verskillende wyse beloon.

Met die gebruik van die sterkaartstelsel om daagliks op akademiese vlak te presteer.

Die top akademiese leerders word ook beloon met n jaarlikse akademiese toer.

Einstein-Klub: Vanaf 2020 is daar ‘n Wiskunde/Fisiese wetenskap – klub by Hoërskool Fichardtpark.

Leerders van gr 8 tot gr 11 sal volgens November eksamen se Wiskunde/Fisiese wetenskappunte verkies word.

Die top 10 – Wiskunde- en Fisiese wetenskapleerders per graad sal deel van die Einstein-klub uitmaak. Elke leerder sal ook ‘n balkie ontvang.

Koste daaraan verbonde: Geen

Wat doen die leerders? Leerders neem aan die SAMO en AMESA deel, asook:

Kwartaal 1 (Wiskunde):

  • Wiskundekompetisie. Leerders word in 2 spanne verdeel en neem teen mekaar deel
  • Verrykingsessie

Kwartaal 2 (Wiskunde):

  • “Bring ‘n maat” -sessie . Werk vraestelle voor Junie – eksamen uit
  • Uitstappie in Bloemfontein

Kwartaal 3 (Fisiese-wetenskap):

  • Eksperimentsessie
  • Fisiese-wetenskap verrykingsessie

Kwartaal 4:

  • Kuieraand
  • (Gr 12 is nie betrokke nie)
  • (Nooi top 10 gr 8’s)

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/

http://www.fpark.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal