Fichardtpark in Vrystaat Netbalspan. Hoërskool Fichardtpark is baie trots op Clarissa Herselman (O.18), Amy Jacobs (O.17), karabo Nyakane (O.16), Anel Standers en Gilden Valentine (beide O 15). Hierdie 5 leerders is ingesluit in die Vrystaat Netbalspan.
Fichies netbal streef na uitnemendheid en daarom het hulle vir Maryka Holtzhausen wat die doele help en Anè Retief help die verdedigers. Hierdie spesialiste bied ‘n groot voordeel vir die netbal. Die netbal doen ook ‘n voorseisoen met hulle spanne wat help met die voorbereiding vir die liga. Jaarliks toer die netbal in die Maartvakansie na Affies meisie waar hulle aan ‘n toernooi deelneem. Die netbal neem aan die A-liga in Bloemfontein deel asook die WesGrow reeks.
Dit is vir Fichardtpark se netbalafrigters belangrik om ‘n holistiese netbalspeler te ontwikkel sodat die spelers se passie vir die sport sal bly voortleef.