Errie-redenaar vaar uitstekend. Hoërskool Ermelo is besonder trots op Chrizanne Joubert. Sy is ‘n graad 9-leerder wat tydens die Radikale Redenaars se kompetisie uitstekend gevaar. Chrizanne het vir die streeksfinaal gekwalifiseer in twee van die items: Prosa lees en Poësie lees.
Sy is ook deur na die Nasionale finaal met haar voorbereide redenaars in Afrikaans Moedertaal. Beide die streeks- en nasionale-finaal vind later die jaar plaas.
Baie geluk, Chrizanne! Sterkte met die verdere kompetisie.
Lees meer oor Erries:
“Creativity takes courage, but behind every performer is a beginner who fell in love with expression, story telling and being set free.”
Die EHS streef daarna om ‘n liefde en waardering vir kultuur by leerders te kweek. Die blootstelling wat Erries aan kultuur kry, help leerders om te bou aan hul selfvertroue en omskep kinders in volrype, jong volwassenes. Deur toegewyde afrigting en onbaatsugtige ondersteuning lei die personeel die leerders om hul (soms verborge) talente te ontdek.
Kultuurkompetisies:
Redenaars: ATKV-Redenaars, Radikale Redenaars, Con Spirito, SALA, Oppie-Tong-Af, Artisticulta
Debat: Dink-of-Sink, ATKV-Debat
Toneel: ATKV-Tienertoneel, At Strydom-dramaklasse, Artisticulta, Con Spirito
Koor: Dogterskoor, Ensemble
Buiten bogenoemde geleenthede waar die Erries op kompeterende vlak kan groei, is daar verskeie ander interne geleenthede wat die leerders op kulturele vlak kan ontwikkel: die jaarlikse groentjieskonsert, iHelp en Kalisto, musiekklasse by die kunstesentrum, asook dansklasse
by Adéle Grey dansskool.
Hoërskool Ermelo beskik oor ‘n besondere kunstesentrum, genaamd die
ABK van Zijl-kunstesentrum wat onder andere ‘n uitstekende toegeruste ouditorium het.
Die Erries is ook betrokke by Landsdiens. Dié leer leerders vier belangrike liefdes, naamlik liefde vir God, liefde vir jou medemens, liefde vir die natuur en liefde vir arbeid.