Gedurende die Renaissance en die Barokperiode is sekulêre musiek dikwels tydens huiskonserte uitgevoer.
Dit was eers in die Klassieke tydperk (rondom die tydperk wat Beethoven geleef het) dat groot konsertsale gebou is.
Op 20 en 22 April het al Fichardtpark se musiekleerlinge opgetree in konserte wat in Dr. Joanita Erasmus-Alt en haar man, Heinrich Alt, se huis aangebied is. Anton Esterhuyse en Fichies se musiekjuffrou het as gaskunstenaars opgetree en die konserte is elke aand afgesluit met ‘n uitvoering van Freddie Mercury se “Bohemian Rhapsody” op klavier en kerkorrel.
Foto’s verskaf