Lienke Badenhorst (Graad 9) van Hoërskool Fichardtpark, het onlangs aan die Vrystaat Mini-Tennisreeks in die onder 16 meisies afdeling deelgeneem.
Sy het 6de geëindig uit 15 spelers. Deur die jaar is daar verskeie van hierdie toernooie in die land. Vrystaat bied gewoonlik 4 toernooie aan. Met elke toernooi verdien ‘n speler ranglyspunte. In die vierde kwartaal word die top 8 spelers van die jaar in elke ouderdomsgroep genooi na die Mini-Meesterstoernooi. By hierdie toernooi speel die top 8 in elke ouderdomsgroep teen mekaar om die algehele wenner vir die jaar te bepaal.
Lienke werk hard om vir die meestersfinaal te kwalifiseer. Ons glo in jou Lienke! Harde werk word beloon.
Foto verskaf