)

Hoërskool Ermelo vaar uitstekend by ATKV-Redenaars

Erries by ATKV-Redenaars. Die ATKV-Redenaars se formaat was dié jaar weer virtueel in die vorm van video’s wat deur die deelnemers ingestuur moes word. Die kompetisie het slegs bestaan uit voorbereide toesprake.

Hoërskool Ermelo is besonder trots op die Erries se prestasies by ATKV-Redenaars wat presteer het, ten spyte van die onbekende en nuwe formaat:

J’Lee Willemse behaal ‘n derde plek in Mpumalanga vir Afrikaans Addisionele Taal, juniors.

In die Afrikaans Huistaal, seniors-afdeling, eindig Leandri Viviers vyfde in die provinsie.

Baie geluk aan elke leerder wat presteer het. EHS is trots op jou!

Die ATKV-Redenaars kompetisie is een van die ATKV se oudste kompetisies. As jy ’n raakprater in graad 1 tot graad 12 is en nie huiwer om jou sê te sê nie, bring jou beste oorredende toespraak en kom wys jou slag. 

Deelnemers moet eie toesprake voorberei en mag nie gepubliseerde artikels woordeliks aanhaal nie. Die lewering van gekoopte en gepubliseerde toesprake kan daartoe lei dat deelnemers gepenaliseer word.

Die ATKV het geen persone/instansies/affiliaal in diens of ooreenkoms met sodanige persone/instansies/affiliaal wat toesprake skryf of verkoop nie. Tans word die naam ‘ATKV’ gekoppel aan webbladsye waar bemarking gedoen word dat toesprake volgens ATKV-riglyne geskryf en verkoop word. Dit is ‘n eie inisiatief en dit word hoegenaamd nie deur die ATKV-Redenaars ondersteun nie. Bevestig eers die geloofwaardigheid van ‘n bron by die redenaarsorganiseerder.

Vir meer inligting oor die ATKV-Redenaarskompetisie kontak vir Melanie Marais by melaniem@atkv.org.za of 011 919 9015.

Lees meer oor Hoërskool Ermelo:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/mpumalanga/

https://www.erries.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal