Me Erna Schoeman is al vir langer as 25 jaar deel van Hoërskool Ermelo. Vandat sy in 1994 permanent as onderwyser aangestel is by EHS, het sy saam met die Erries gegroei en op vele gebiede bygedra tot die vooruitgang van Hoërskool Ermelo.
In 2016 word me Schoeman aangestel as departementshoof vir Engels. Haar liefde vir die vak, vir netbal en vir die leerders is duidelik te sien in haar toewyding wat sy ten toon stel.
Me Schoeman is vanjaar aangestel as Akademiese-adjunkhoof van Hoërskool Ermelo. Sy het ‘n aansteeklike passie vir die Erries en haar omgeehart is die groot dryfveer agter alles wat sy aanpak.
Die Erries sien uit na ‘n besondere suksesvolle tydperk saam met me Schoeman.