Vlnr: LJ Buys, ZJ Fourie, mnr. Harry Labuschagne en Amahle Nzimande
Op 7 Maart het die Erries aan die tweede Mpumalanga Jeugskoukompetisie deelgeneem in Balfour. Drie leerders aan hierdie kampioenskap deelgeneem.
Die Erries het in die volgende twee klasse oorheers: Pluimvee-afdeling: twee eerste plekke en in die Sierduif-afdeling: een eerste plek.
Die Erries wat plekke behaal het, is LJ Buys (eerste in Pluimvee), ZJ Fourie (tweede in pluimvee) en Amahle Nzimande (eerste in Sierduiwe). Daar lê nog twee skoue vir die Erries voor voordat die Mpumalangaspan gekies word.
Baie geluk aan elke deelnemer! EHS is trots op elkeen en wens elke deelnemer sterkte toe vir die skoue wat nog voorlë.