Op 25 April 2018 het die Erries deelgeneem aan die Artisticulta-Redenaars Nationale Uitdunne te EHS.
Aan die einde van Mei het die EHS die trotse nuus gekry dat uit die elf van die Erries wat deelgeneem het, nege deur is na die finaal. In die Individuele Voorbereide-afdeling dring die volgende leerders deur: Frané Swart, Kayla Meyer, Anja Wege, Amy Greyling en Marni Prinsloo. Tjaardt Eloff, Zara Büchling, Vandré Swart en Hanné Swart dring as groep deur in die Groep Onvoorbereide-afdeling.
Die finaal vind plaas te Pierneefteater in Pretoria op Vrydag 8 Junie 2018.
Baie geluk aan elkeen van hierdie leerders en baie sterkte met jul deelname. Die Erries is trots op julle.
Foto bo:
Voor v.l.n.r: Hanné Swart en Zara Büchling
Agter v.l.n.r: Tjaart Eloff en Vandré Swart