)

Hoërskool Ermelo oorrompel Piet Retief op krieketveld!

Hoërskool Ermelo het Saterdag, 23 September 2017 teen H/S Piet Retief te staan gekom op hulle velde.  Ermelo het die loot gewen en eerste geboul. Die boulers was uitstekend en H/S Piet Retief kon slegs 78 lopies aanteken!

Baie geluk aan Walter Visser met sy driekuns. Hy eindig sy boulbeurt met 6 vir 10 na 3 beurte!  Jan Hendrik Swart en Ruan Grobler wys Errie-“guts” en teken die wen lopies vir die dag aan.

Die Erries wen met 6 paaltjies!

Baie geluk, seuns! Die Erries is besonder trots op julle!

Op die foto bo:

(voor v.l.n.r.): Stefan Kemp, Ruan Grobler en Jan-Hendrik Swart

(middel v.l.n.r.): Euwan Pretorius, Walter Visser, Johan Nel, Jacques Erlank

(agter v.l.n.r.): Stephan van Dyk (afrigter), Elandré Kruger, Ruan Labushagne, Jean-Jacques Janse van Rensburg, Willem van der Merwe, Eben Jonker (afrigter)

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal