Hoërskool Ermelo het Saterdag, 23 September 2017 teen H/S Piet Retief te staan gekom op hulle velde. Ermelo het die loot gewen en eerste geboul. Die boulers was uitstekend en H/S Piet Retief kon slegs 78 lopies aanteken!
Baie geluk aan Walter Visser met sy driekuns. Hy eindig sy boulbeurt met 6 vir 10 na 3 beurte! Jan Hendrik Swart en Ruan Grobler wys Errie-“guts” en teken die wen lopies vir die dag aan.
Die Erries wen met 6 paaltjies!
Baie geluk, seuns! Die Erries is besonder trots op julle!
Op die foto bo:
(voor v.l.n.r.): Stefan Kemp, Ruan Grobler en Jan-Hendrik Swart
(middel v.l.n.r.): Euwan Pretorius, Walter Visser, Johan Nel, Jacques Erlank
(agter v.l.n.r.): Stephan van Dyk (afrigter), Elandré Kruger, Ruan Labushagne, Jean-Jacques Janse van Rensburg, Willem van der Merwe, Eben Jonker (afrigter)