Ondanks die feit dat Covid-19 die hele jaar op sy kop gekeer het, het die Hoërskool Ermelo-Musieksentrum steeds uitstekend gefunksioneer. Al die leerders het hard gewerk en ekstra ure ingesit. Daar is onder andere eksamens gespeel, Unisa eksamens gespeel en leerders het deelgeneem aan Con Spirito.
Op 5 November het die EHS-Musieksentrum hulle prysuitdeling gehou. Hier het elke leerder ‘n sertifikaat ontvang. Daar is ook spesiale- en eretoekennings gegee aan spesifieke leerders.
Die volgende leerders het spesiale toekennings ontvang in die vorm van ‘n wisseltrofee vir die beste kandidaat in die onderskeie afdelings:
Blokfluit Junior: Zanlie du Plessis.
Houtblaas Junior: Talita Jansen van Rensburg (Dwarsfluit)
Kitaar Junior: Megan Möller
Kitaar Senior: Jake Hoffeldt
Klavier Junior: Johandi Bezuidenhout
Klavier Senior: Tamar Randell
Klawerbord: Isabelle Moussier
Koperblaas Junior: Henroux Robberts (Trompet)
Perkussie: ZJ Fourie
Sang Senior: Michelle van der Linde
Strykers Junior: Annemae Manders (Viool)
Strykers Senior: Daniell Appelgryn (Viool)
Ukulele: Lana Herholdt
Musiekteorie Junior: Yatteer du Toit
Musiekteorie Senior: Nikao du Toit
Ere-toekennings is ook by dié geleentheid aan sekere leerders gegee:
Beste Unisa Prakties, Junior: Nikao du Toit
Beste Unisa Prakties, Senior: Tamar Randell
Op grond van die teorie-uitslae wat na verlede jaar se prysuitdeling eers ontvang is, is besluit om hierdie kinders ook erkenning te gee vir Unisa Teorie 2019:
Beste prestasie Unisa teorie, Junior 2019: Nikao du Toit
Beste prestasie Unisa teorie, Senior 2019: Tamar Randell
Laerskool Dux Junior: Luan Odendaal
Laerskool Dux Senior: Kerené du Toit en Yatteer du Toit deel dié prys
Hoërskool Dux Junior: Nikao du Toit
Hoërskool Dux Senior: Tamar Randell
Tamar Randell ontvang ook die besonderse EHS-Kunssentrum-wisseltrofee vir die mees uitstaande bydrae tot die kunste.
Die personeel van die EHS-Kunstesentrum is met reg trots op elke leerder wat die ekstra myl gestap het in die jaar om steeds die melodie van die lewe ‘n positiewe een te hou. Dankie vir elke leerder, ouer en onderwyser se harde werk.