Kyla Grobler, Nicole van der Merwe en Simoné Ferreira, graad 12-leerders van EHS in 2019, is gekies vir die o/18 A Black Mamba-Indoor hokkiespan wat Mpumalanga verteenwoordig het by die jaarlikse Pro Series Indoor Nasionale kampioenskap vanaf 18-21Desember 2018 in Kaapstad.
Tydens die toernooi het hulle agt wedstryde gespeel. Dit was ‘n ongelooflike toernooi en die blootstelling wat hulle daar gekry het, was vir hulle baie werd.
Die EHS is trots op die dogters wat die Erries se naam hoog gehou het.
Foto bo: voor vlnr: Nicole van der Merwe, Kyla Grobler en Simoné Ferreira