)

Hoërskool Ermelo Landsdiens skop af met ‘n virtuele kamp

Hoërskool Ermelo begin DV eers amptelik in 2021 met Landsdiens, maar ons is bevoorreg om reeds vyf geregistreerde lede te hê! Marice de Jager, Mariska en Anke van Biljon, Divana Smit en Johnke Prinsloo het vanaf 31 Julie tot 2 Augustus aan Mpumalanga se provinsiale virtuele kamp deelgeneem.
Die leerders moes hul eie sakke pak, tent opslaan en die naweek daarin slaap! Hulle was verantwoordelik om self stokbrood te braai, hamburgers te maak, ‘n ontbyt aanmekaar te slaan en potjiekos te maak. Daar was nie veel tyd vir rondsit en niks doen nie: pa of ma se kar moes gewas word, daar is Saterdagoggend al douvoordag aërobiese oefeninge gedoen, Bybelstudie gehou en hindernisbane gebou! Die leerders moes ook self ‘n TikTok dansie uitwerk, werskaf in die tuin, iemand in die huis ‘n poets bak, saam met hul troeteldier gaan draf en vir hande-arbeid iets met hul hande maak. Foto’s en video’s van die aktiwiteite moes aan die onderwysers deurgestuur word as bewys daarvan dat die aktiwiteite wel voltooi is.
Welgedaan aan die Erries se pionier-Landsdieners! Julle maak ons trots en ons sien sommer vreeslik uit na al die lekker Landsdiens-kampe en byeenkomste van 2021!
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal