Op Donderdag 25 Januarie 2017 het al die Erries die atletiekseisoen met groot geesdrif begin. Die Interhuis was ‘n besondere sukses met gees wat tasbaar was, soos net die Erries dit kan doen!
Na uitstaande talent, is die Erries se atletiekspan gekies en ons sien uit na die atletiekseisoen. Die Junior Victrix Ludorum is Carla Ferreira en die Junior Victor Ludorum Marius Nel.
By die seniors is dit Amy Greyling wat die Wisseltrofee ontvang het as Victrix Ludorum en Hardus Rothmann wat as Victor Ludorum aangewys.
Baie geluk aan elkeen van die presteerders, maar ook elke atleet wat deelgeneem het en deel was van die Erries se sukses! Ons waardeer julle elkeen.
Foto heel bo: Hardus Rothmann (links) en Marius Nel (regs)
Foto’s onder:
Amy Greyling (links) en Carla Ferreira (regs)