)

Hoërskool Ermelo gee terug aan gemeenskap

Ermelo gee aan gemeenskap. Vir Erries is die gemeenskap van Ermelo uiters belangrik. Daarom was dit die keuse van die 2021 Errie-Raad om aan die gemeenskap iets terug te gee.

Na aanleiding hiervan het die Presidente van Hoërskool Ermelo, Arend Fourie en Anke de Kock, namens die Erries broodnodige produkte aan die SAVF Ouetehuis Ermelo oorhandig. Op hierdie manier bewys die Erries dat hulle omgee wyd en ver strek. Die bejaardes het hulle met hartlikheid en dankbaarheid ontvang.

Ermelo SAVF-tehuis het in 1958 hul deure oopgemaak. Dit is ‘n dinamiese gesinsorgorganisasie vir die gemeenskap. SAVF lewer professionele welsyns- of welsynsverwante dienste. Verder bied hulle versorgings- en ondersteunende dienste aan die bejaarde, asook aan gestremde of verswakte persone in die gemeenskap, sowel as in tehuise, behuisingskemas, dienssentrums en “luncheon clubs”. Hulle hoofdoel is om as ‘n nasionale welsynsorganisasie maatskaplike dienste aan individue en gesinne binne die gemeenskap te lewer ten einde hul te bemagtig om ‘n verskil in lewenskwaliteit teweeg te bring.

SAVS bied 24 uur versorging aan behoeftige verswakte bejaarde persone van alle bevolkingsgroepe.

Oor die jare het die toestand van die tehuis agteruitgegaan omdat geld vir herstelwerk nie beskikbaar was nie.

Meer oor Hoërskool Ermelo:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/mpumalanga/mpumalanga-schools/

https://www.erries.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal